![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/MakanrushiNASA.jpg/640px-MakanrushiNASA.jpg&w=640&q=50)
Makanroesji
From Wikipedia, the free encyclopedia
Makanroesji (Russies: Маканруши; Japannees: 磨勘留島, Makanru-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die noordelike eindpunt van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit is 28 km van Onekotan. Die naam kom van die inheemse taal Ainoe.
Kitsfeite Ligging, Plaaslike naam ...
Makanroesji | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
![]() Winter op Makanroesji, Januarie 2001. Noord is bo.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Маканруши 磨勘留島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 49 km2 |
Hoogste punt | Pik Mitaka |
Hoogte | 1 169 m |
Land | ![]() |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/00/OnekotanNASA.jpg/640px-OnekotanNASA.jpg)
Makanroesji is rofweg reghoekig en het 'n oppervlakte van 49 km2.[1] Dit bestaan uit twee slapende stratovulkane, Pik Mitaka (Russies: влк. Митака; Japannees: 三高山, Mitakayama), wat 1 169 m bo die seevlak uitrys. Die eiland se rande bestaan uit steil kranse en het geen sanderige strande nie; daarom is dit gevaarlik en moeilik om daar te land, al is die water kalm.