![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Magnetosphere_rendition.jpg/640px-Magnetosphere_rendition.jpg&w=640&q=50)
Magnetosfeer
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Magnetosfeer is die gebied na aan ’n hemelliggaam waarin gelaaide deeltjies beheer word deur die liggaam se magneetveld.[1][2] Naby die oppervlak van die liggaam lyk die magneetveldlyne soos dié van ’n ideale magnetiese dipool. Verder weg word die lyne verwring deur uitwendige strominge, soos die sonwind.[3][4]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Magnetosphere_rendition.jpg/640px-Magnetosphere_rendition.jpg)
By die Aarde word met die "magnetosfeer" gewoonlik bedoel die buitenste laag van die ionosfeer,[3] hoewel sommige bronne die iono- en die magnetosfeer as apart beskou.[2]