From Wikipedia, the free encyclopedia
Magneto (regte naam: Max Eisenhardt), ook bekend as onder andere Erik Lehnsherr en Magnus) is 'n karakter in strokiesverhale van Marvel Comics, dikwels saam met die X-Men. Hy is deur die skrywer-redakteur Stan Lee en kunstenaar Jack Kirby geskep en het die eerste keer in The X-Men #1 (September 1963) verskyn as 'n teenstander van die X-Men.
Magneto | |
'n Cosplayer as Magneto. | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | The X-Men #1 (September 1963) |
Geskep deur | Marvel Comics Stan Lee en Jack Kirby |
Inligting | |
Ander name | Max Eisenhardt[1] |
Byname | Magnus[2] Erik Lehnsherr[3] White King[4] (later Grey King[5]) of the Hellfire Club Michael Xavier[6] Erik the Red Henryk Gurzsky[7] White Pilgrim |
Spesie | Mutant |
Geslag | Manlik |
Die karakter is lid van 'n subspesie bekend as mutante, wat met bomenslike vermoëns gebore word. Hy kan magneetvelde beheer. Magneto beskou mutante as verder ontwikkel as mense en verwerp die moontlikheid van 'n vreedsame saambestaan. Sy aanvanklike doel was om die wêreld oor te neem sodat mutante, na wie hy as Homo superior verwys, die mens as die oorheersende spesie kan vervang. Skrywers het sedertdien vir hom 'n oorsprong uitgedink, asook 'n motivering vir sy dade. Hulle het onthul hy was 'n oorlewende van die Holocaust wie se buitengewone dade en siniese filosofie kom van sy vasbesloteheid om te keer dat mutante 'n soortgelyke lot tref in 'n wêreld wat mutante vrees en vervolg.
Magneto is 'n vriend van Professor X, die stigter van die X-Men, maar hulle botsende filosofieë veroorsaak soms onenigheid tussen die twee. Magneto se rol in strokiesverhale het ontwikkel van 'n superskurk tot 'n antiheld tot 'n superheld. Hy is soms 'n bondgenoot en lid van die X-Men, en het selfs die New Mutants vir 'n ruk gelei as hoof van die Xavier School for Gifted Youngsters.
Die skrywer Chris Claremont, wat Magneto se agtergrond uitgedink het, het die karakter gebaseer op die destydse Israeliese opposisieleier, Menachem Begin,[8] en latere kommentators het die karakter vergelyk met die Amerikaanse burgerregteleier Malcolm X.[9][10] Magneto staan die pasifistiese houding van Professor X teen en soek 'n aggressiewer benadering om burgerregte vir mutante te bewerkstellig.
Ian McKellen het Magneto in verskeie rolprente uitgebeeld sedert X-Men van 2000, terwyl Michael Fassbender 'n jonger weergawe van die karakter vertolk het in die flieks sedert X-Men: First Class van 2011. Albei akteurs het hulle onderskeie inkarnasies vertolk in X-Men: Days of Future Past.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.