Magdalena K. P. Smith Meyer
Suid-Afrikaanse akaroloog / From Wikipedia, the free encyclopedia
Magdalena Kathrina Petronella Smith Meyer (9 Oktober 1931 Leeudoringstad – 21 Oktober 2004) (bekend aan haar vriende as Lenie) was 'n akaroloog ('n mens wat bosluise en myte bestudeer) wat beskou was as 'n wêrelddeskundige oor myte van landboukundige belang en bekend was as "die moeder van die rooi spinnekopmyte van die wêreld".[1] Sy het meer as 700 nuwe spesies en 25 nuwe genera beskryf, meestal van myte van landboukundige belang. Meyer was betrokke by die bevordering van biologiese bestryding van myte met behulp van roofmyte, spinnekope en insekte.
Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
Magdalena Kathrina Petronella Smith Meyer | |
Gebore | (1931-10-09)9 Oktober 1931 Leeudoringstad |
---|---|
Oorlede | 21 Oktober 2004 (op 73) |
Blyplek | Suid-Afrika |
Vakgebied | Akarologie |
Instelling(s) | Instituut vir Plantbeskerming |
Alma mater | Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. |
Sluit