Mahikeng
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mahikeng (voorheen Mafeking, later Mafikeng[2]) is die hoofstad van Noordwesprovinsie, Suid-Afrika, met omtrent 49 300 inwoners in 2001. Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.
Kitsfeite Mahikeng (voorheen Mafeking en Mafikeng), Land ...
Mahikeng (voorheen Mafeking en Mafikeng) | |
---|---|
Obelisk, wat aan die Britse soldate herinner, wat tydens die beleg van Mafeking in die stad gesneuwel het | |
Koördinate: 25°51′S 25°38′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Mahikeng |
Stigting | 1852 |
Regering | |
• Uitvoerende burgemeester | Lenah Nontsama Miga |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,57 km2 (9,49 vk. myl) |
Hoogte | 1 500 m (4 900 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 15 117 |
• Digtheid | 615/km2 (1 590/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 9.9% |
• Indiërs/Asiërs | 7.3% |
• Bruin mense | 7.5% |
• Swart mense | 74.5% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 53.3% |
• Engels | 18.6% |
• Afrikaans | 14.1% |
• Sotho | 3.0% |
• Ander | 11.1% |
Poskode (strate) | 2745 |
Poskode (posbusse) | 2745 |
Webwerf | http://www.mahikeng.gov.za/ |
Sluit