Lys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-Afrika
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die eerste honderd gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika gestig, chronologies gerangskik. Almal, buiten waar anders aangedui, is in die huidige Wes-en-Suid-Kaaplandse Sinode. Geografiese etikette dui op NG Sinodes en nie op huidige provinsies nie, omdat die sinodes en provinsies net breedweg ooreenstem, hoewel daar nege van elk is. Waar twee gemeentes in dieselfde jaar gestig is, word die juiste datum (indien beskikbaar) aangegee.