Lys van die naaste sterrestelsels
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hieronder is ’n lys van die naaste sterrestelsels, binne 11,7 miljoen ligjare van die Sonnestelsel af, van naby tot ver. Dit sluit al sowat 50 stelsels van die Plaaslike Groep in, sowel as sommige van nabygeleë sterrestelselgroepe, die M81- en die M83-groep asook party wat nie van ’n vasgestelde groep is nie.
Die volgende moet in ag geneem word:
- Nie alle sterrestelsels binne 11,7 miljoen ligjare is al ontdek nie. Nabygeleë dwergsterrestelsels word steeds ontdek en stelsels agter die Melkweg is baie moeilik om te eien. Enige stelsel kan ’n ander stelsel agter hom verberg.
Die afstande tussen sterrestelsels is onderworpe aan groot onsekerheid. Afstande wat aangegee word, is samestellings van verskeie metings.[1]