From Wikipedia, the free encyclopedia
Luxor Internasionale Lughawe (IATA: LXR – ICAO: HELX) is die hooflughawe wat die stad Luxor, Egipte bedien. Dit is 6 km oos van die stad geleë. Heelwat huurlugrederye gebruik die lughawe, aangesien dit 'n gewilde toeristebestemming is vir diegene wat die Nylrivier en die Vallei van die Konings besoek.
Luxor Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: LXR – ICAO: HELX | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar, Militêr | ||
Operateur | Egiptiese Lughawemaatskappy | ||
Bedien | Luxor, Egipte | ||
Hoogte bo seevlak | 294 vt / 90 m | ||
Koördinate | 25°40′15″N 32°42′23″E | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
02/20 | 3,000 | 9,843 | Asfalt |
Bronne: Airport web site[1] en DAFIF[2] |
In 2005 is die lughawe opgegradeer[3] om tot 8 miljoen passasiers per jaar te akkommodeer. Fasiliteite vir passasiers sluit in 48 inkloktoonbanke, 8 hekke, 5 bagasie-eisgordels, 'n poskantoor,[4] bank,[4] outomatiese geldruilmasjien, restaurante, kafeteria's, BBP-sitkamer, belastingvrye winkel,[3] koerantwinkel/tabakwinkel, apteek, geskenkwinkel, reisagentskap,[4] toeriste-hulptoonbank, motorhuur, noodhulp, 'n baba-/ouerkamer, toegang vir gestremdes en 'n sakesentrum.[4]
Fasiliteite vir vrag sluit in verkoelde berging, dierekwarantyn, veehantering, gesondheidsbeamptes, X-straaltoerusting en berokingstoerusting. Die vragterminaalhanteringsagent vir die lughawe is EgyptAir Cargo.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.