Luiperd
grootkat / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die luiperd (Panthera pardus), voorheen as bergtier of tier bekend,[2] is 'n spesie uit die Katagtiges wat oor Afrika en Asië versprei is. Verder kom hy ook in Kaukasus en dus op die buitenste randgebied van Europa voor. Die luiperd is naas die tier, leeu en jaguar die vierde grootste grootkat. Op die IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies word luiperds as 'n byna-bedreigde spesie geklassifiseer.[3]
Luiperd Tydperk: Sedert laat Plioseen of vroeë Pleistoseen | |
---|---|
'n Luiperd (Panthera pardus) in die Serengeti-park, Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. pardus |
Binomiale naam | |
Panthera pardus Linnaeus, 1758 | |
Die verspreiding van die luiperd | |
Sinonieme | |
|
Die luiperd het die wydste verspreidingsgebied van alle groot katagtiges en word in die meeste dele van Afrika en Asië aangetref. Die dier het 'n vaalgeel tot rooibruin pels met swart, rosetvormige kolle. 'n Melanistiese subspesie, die sogenaamde swart panter, word ook aangetref. Luiperds is alleenlopende nagdiere. Die mannetjies en die wyfies kom gewoonlik net gedurende paartyd bymekaar.
Die mannetjie versorg die wyfie vir 'n paar dae na die geboorte van die welpies (gewoonlik 2 tot 4). Die luiperd (Panthera pardus) word in Afrika, Klein-Asië, Kaukasië, Transkaukasië, Mantsjoerye, Persië, Indië, China, Korea en Siberië aangetref. Die luiperd het die grootste verspreidingsgebied van alle groot katagtiges (genus Panthera). In Suid-Afrika kom die luiperd in groot dele van die Kaapse en Natalse kusstreke en ook in dele van Gauteng voor.
Gedurende die Pleistoseen het die luiperd ook algemeen in Europa voorgekom. Die dier is besonder aanpasbaar en kan in rotsagtige gebiede, tropiese woude, grasland en droë of hoë koue streke oorleef. Vanweë sy aanpasbaarheid kon die luiperd die euwels wat 'n groeiende beskawing vir die diereryk inhou, beter as selfs die leeu oorleef. Daarom word luiperds nog in gebiede aangetref waar ander roofdiere lankal uitgeroei of verdryf is.
Die voortbestaan van die luiperd word egter steeds bedreig. Luiperds is in September 1975 in Suid-Afrika tot beskermde diere Afrika verklaar. Die maatreël moes ingevoer word omdat luiperds op groot skaal ter wille van hulle pelse gejag is en ook omdat hulle getalle in gebiede waar hulle 'n bedreiging vir veeboerdery was, drasties afgeneem het.