From Wikipedia, the free encyclopedia
Lodewicus Theodorus Oosthuizen (Mosselbaai, 19 Oktober 1982) is 'n professionele gholfspeler van Suid-Afrika.
Louis Oosthuizen | |
---|---|
Oosthuizen vier sy oorwinning in die 2010 Ope by St Andrews. | |
Persoonlike inligting | |
Volle naam | Lodewicus Theodorus Oosthuizen |
Gebore | 19 Oktober 1982 Mosselbaai, Suid-Afrika |
Hoogte | 1,78 m |
Gewig | 77 kg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Woning | Mosselbaai, Suid-Afrika Manchester, Engeland[1] Jupiter, Florida |
Eggennoot | Nel-Mare (getroud 2007)[2] |
Kinders | Jana, Sophia, Emma[2] |
Loopbaan | |
Professioneel geword | 2002 |
Huidige toernooie | Europese Toer Sonskyntoer PGA Tour |
Professionele oorwinnings | 13 |
Hoogste rang | 4 (13 Januarie 2013)[3] |
Aantal oorwinnings volgens toernooi | |
PGA-toernooi | 1 |
Europese toernooi | 8 |
Asiatiese toernooi | 2 |
Sonskyn-toernooi | 7 |
PGA-toernooi van Australië | 1 |
Beste uitslae in groot kampioenskappe (wenne: 1) | |
Meesterstoernooi | 2de: 2012 |
PGA-kampioenskap | T15: 2014 |
V.S.-ope | T2: 2015 |
Britse Ope | Wen: 2010 |
Louis Oosthuizen het in 'n gesin wat tennis speel grootgeword, maar verkies om eerder gholf te speel. In 1999 word hy lid van die Ernie Els-stigting en word deur die voormalige nommer een van Europa geïnspireer en gehelp.
Hy word in 2002 professioneel en is sederd 2006 onder die top-100 in die Europese PGA Toer. In 2009 kom hy tweede in Aboe Dhabi en Katar en eindig in die 34ste plek in die "Race To Dubai", wat hom op die beginlys van die wêreldkampioenskap in Doebai plaas.
In 2010 behaal hy sy eerste oorwinning op die Europese PGA Toer. Hiermee haal hy die top-50 op die Wêreldranglys wat hom in staat stel om twee weke later weer aan die Meesters deel te neem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.