chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Litiumchloried (LiCl) is 'n sout van litium en soutsuur. Dit het 'n skerp souterige smaak, is min toksies en het 'n rol as 'n antimaniese middel. Dit is baie oplosbaar in water en higroskopies. Dit vervloei en vorm hidrate.[1]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Litiumchloried |
Sistematiese naam | Litiumchloried |
Chemiese formule | LiCl |
Molêre massa | 42,4 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7447-41-8[1] |
Voorkoms | Kleurlose, wit vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=514,3 pm[1] |
Ruimtegroep | Fm3m;[1] F4/m 3 2/m |
Nommer | 225 |
Schönfliess-simbool | O5h |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 613 °C[1] |
Kookpunt | 1383 °C[1] |
Digtheid | 2,068 [g/cm3] @ 25 °C[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar in water. 84,5 g/ 100g water[1] opl. in eter en nitrobenseen[2] |
Brekingsindeks | 1,662 [1] |
Termodinamies | |
ΔfusHɵ | 19,9 [kJ/mol][1] |
ΔfHɵ | -408,6[kJ/mol][1] |
Warmtekapasiteit | 48,0 [J/mol.K][1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 17,4 - 19,4 [mmol/kg][1] (muis) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Litiumchloried self kristalliseer in die tafelsout-tipe struktuur. (Strukturbericht-klassifikasie B1). Daar is vier hidrate bekend:[3]
Litiumchloried is in teenstelling tot die chloriede van natrium en kalium in alkohol oplosbaar.[4]
Litium word in die mynbou dikwels in die vorm van sleg oplosbare litiumkarbonaat verkry en dit kan maklik met soutsuur in die oplosbare chloried omgesit word:
Dit kan nogtans ook uit litiumhoudende pekel verkry word deur kalsiumchloried by te voeg en onsuiwerhede soos boor, magnesium en sulfate neer te slaan. Die pekel word drooggekook teen 101 °C en verhit tot 200 °C. Die neerslag uitgeloog met isopopanol. Verwydering van hierdie oplosmiddel lewer suiwer litiumchloried.[5]
Litiumchloried word gebruik vir die produksie van litiummetaal. 'n Mengsel van litium- en kaliumchloried wat smelt teen 450 °C word aan elektrolise onderwerp. Dit lewer die gesmelte metaal wat 99,5% suiwer is.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.