From Wikipedia, the free encyclopedia
Lilith (Hebreeus: לילית, Līlīṯ) is 'n vrouefiguur in die Mesopotamiese en Joodse mitologie. Sy was óf die eerste vrou van Adam[1] óf die vroulike oerdemoon. Daar word genoem dat Lilith uit die tuin van Eden "verban" is[2] omdat sy nie gehoorsaam aan Adam wou wees nie.[2] Sy word in Bybelse Hebreeus in die boek Jesaja genoem (Jesaja 34:14; "naggees" in die Afrikaanse Bybel) en in die laat Oudheid, van 500 n.C. af, in Mandeïese en Joodse mitologiese bronne. Lilith word kortliks in verskeie bronne genoem, soos in die Babiloniese Talmoed (Eruvin 100b, Niddah 24b, Shabbat 151b, Baba Bathra 73a), in die Boek van Adam en Eva as Adam se eerste vrou, en in Zohar (Levitikus 19a) as 'n "warm, vurige vrou wat die eerste keer saam met die man geleef het".[3]
Die naam Lilith kom van die Akkadiese lilû. Dit is verwant aan die Hebreeuse woord lilith Jesaja 34:14.[4] In die Mesopotamiese godsdiens word dit in wigskriftekste van Sumer, Assirië en Babilonië aangetref, waar sy 'n gees of demoon is.[5][6][7]
Lilith bestaan steeds in vandag se populêre en Westerse kultuur, letterkunde, okkultisme, fantasie en rillers. Sy word dikwels uitgebeeld as 'n vrou wat veg vir gelykheid en streef na geregtigheid.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.