![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5d/AG_Carinae_%2528HD_94910%2529.png/640px-AG_Carinae_%2528HD_94910%2529.png&w=640&q=50)
Ligsterk blou veranderlike
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ligsterk blou veranderlikes (LBV's) is baie swaar veranderlike sterre met onvoorspelbare en soms drastiese wisselings in beide hul spektra en helderheid. Hulle is ook bekend as S Doradus-veranderlikes, na S Doradus, een van die helderste sterre van die Groot Magellaanse Wolk. Hulle is baie skaars – net 20 voorwerpe kom as SDor voor in die Algemene Katalogus van Veranderlike Sterre,[1] en ’n paar van hulle word nie meer as LBV's beskou nie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5d/AG_Carinae_%28HD_94910%29.png/640px-AG_Carinae_%28HD_94910%29.png)