From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Ligskadugrens (Engels: terminator of twilight zone) is 'n bewegende lyn wat die verligte deel van 'n hemelliggaam van sy nagkant skei. 'n Waarnemer op die ligskadugrens van 'n wentelende liggaam met 'n atmosfeer sal skemerlig ervaar vanweë die verstrooiing van lig deur deeltjies in die gaslaag.
Op Aarde se ligskadugrens is 'n sirkel met 'n deursnee van byna die Aarde s'n.[1] Dit beweeg twee keer per dag deur enige punt op die aardoppervlak, met sonsopkoms en sonsondergang, buiten in poolstreke waar dit net voorkom wanneer die punt nie middernagson of 'n poolnag ervaar nie.
Die tyd van die ligskadugrens se pad wissel vanweë die Aarde se rotasie om sy eie as. Dit wissel ook na gelang van die tyd van die jaar vanweë die Aarde se wenteling om die Son; die vlak van die ligskadukant is dus byna parallel met vlakke wat gedurende nagewenings deur die lengtegraadlyne geskep word, en sy maksimum hoek gedurende sonstilstande is sowat 23,5° met die pool.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.