Lidj Josua van Ethiopië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lidj Iyasu, Josua of Jasoe (Ge'ez: ልጅ ኢያሱ), soms verkeerdelik Iyasu V genoem[nota 1] (4 Februarie 1895[nota 2] – 25 November 1935), was van 1913 tot 1916 die aangewese keiser van Ethiopië. Sy doopnaam was Kifle Yaqob (ክፍለ ያዕቆብ kəflä y’aqob). Ethiopiese keisers het tradisioneel hulle troonnaam gekies op die dag dat hulle gekroon is, en omdat hy nooit gekroon is nie word gewoonlik na hom verwys as Lidj Iyasu. (Lidj beteken "kind", veral een met koninklike bloed.)
Kitsfeite Iyasu, Dinastie ...
Lidj Iyasu | |
---|---|
Aangewese keiser van Ethiopië | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 12 Desember 1913 - 27 September 1916 |
Kroning | Nooit gekroon |
Gebore | (1895-02-04)4 Februarie 1895 |
Dessie, Wollo, Keiserryk Ethiopië | |
Gesterf | 25 November 1935 (op 40) |
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië | |
Voorganger | Menelik II |
Opvolger | Zauditu |
Gade | Seble Wongel Hailu |
Vader | Mikael Ali |
Moeder | Woizero Shewaregga Menelik |
Sluit