Keiserryk Ethiopië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Keiserryk Ethiopië (Ge'ez: የኢትዮጵያ ንጉሠ ነገሥት መንግሥተ, Mängəstä Ityop'p'ya), ook bekend as Abessinië, was ’n keiserryk[4] in die Horing van Afrika wat oor die hedendaagse Eritrea en die noordelike helfte van Ethiopië gestrek het. Dit het ontstaan met die stigting van die Salomoniese Dinastie deur Jekoeno Amlak omstreeks 1270 en het geduur tot in 1974, toe die bewind van keiser Haile Selassie in ’n staatsgreep deur die kommunistiese Derg omvergewerp is.
| |||||
| |||||
Leuse: Ityopia tabetsih edewiha habe Igziabiher ኢትዮጵያ ታበፅዕ እደዊሃ ሃበ አግዚአብሐር (Amharies vir: "Ethiopië stuk sy hande na God") | |||||
Volkslied: Ityopp'ya Hoy dess yibelish[1] ኢትዮጵያ ሆይ (Amharies vir: "Ethiopia, bly gelukkig") | |||||
Die Ethiopiese Ryk gedurende die heerskappy van Menelik II. | |||||
Hoofstad | Addis Abeba 9°1′N 38°44′O | ||||
Taal/Tale | Ge'ez (amptelik), Amharies, Oromo, Somalies, Tigrinya, Sidamo | ||||
Godsdiens | Ethiopies-Ortodokse Kerk | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- 1137 | Mara Takla Haimanot (eerste) | ||||
- 1930–1974 | Haile Selassie (laaste) | ||||
Eerste Minister | |||||
- 1909–1927 | Habte Giyorgis (eerste) | ||||
- 1974 | Mikael Imru (laaste) | ||||
Wetgewer | Parlement[2] | ||||
Historiese tydperk | Middeleeue/Moderne tyd | ||||
- Stigting | 1137 | ||||
- Italiaans-Ethiopiese Oorlog | 1895–1896 | ||||
- Verdrag van Addis Abeba | 23 Oktober 1896 | ||||
- Grondwet aangeneem | 16 Julie 1931 | ||||
- Italiaanse inval | 3 Oktober 1935–Mei 1936 | ||||
- Staatsgreep deur Derg | 12 September 1857 | ||||
- Monargie afgeskaf | 21 Maart 1975[3] | ||||
Geldeenheid | Birr (vanaf 1894) |
As keiserryk was dit een van die oudste selfstandige lande ter wêreld. Dit is tydens ’n groot deel van sy geskiedenis omring deur vyandelike magte in die Horing van Afrika, maar het daarin geslaag om sy antieke, Christelikgebaseerde vorm van ’n koninkryk te bewaar en ontwikkel.[5] Dit was ook een van slegs twee lande in Afrika wat die Wedloop om Afrika kon weerstaan en hul onafhanklikheid behou het toe al die ander gebiede in die 19de eeu gekoloniseer is.
Teen 1974 was Ethiopië net een van drie lande wêreldwyd wat nog die titel keiser vir sy staatshoof gebruik het, saam met Japan en Iran onder die Pahlavi-dinastie. Dit was die tweede laaste land in Afrika met die titel keiser, want ná hom is die Sentraal-Afrikaanse Keiserryk vir ’n kort rukkie (1976-1979) gestig onder keiser Bokassa I.