Vlaamse digter, vertaler en skrywer From Wikipedia, the free encyclopedia
Leonard Helena Sylvain Nolens (Bree, 11 April 1947) is 'n Vlaamse digter, vertaler en skrywer.
Na sy middelbare skooljare ondergaan Nolens opleiding as tolk-vertaler aan die Hoger Instituut voor Vertalers en Tolken in Antwerpen. Vanuit Antwerpen werk hy vanaf 1968 as vryskutvertaler en is tussen 1969 tot 1973 redakteur van die eksperimentele tydskrif Labris. Nolens is getroud en het twee seuns. Hy is die vader van de skrywer David Nolens.[1]
Sedert sy debuut in 1969 met die bundel Orpheushanden het Leonard Nolens hom gevestig as een van die beduidendste hedendaagse Vlaamse digters. Drie versamelbundels het reeds van sy omvangryke oeuvre verskyn en sy poësie het talle Vlaamse en Nederlandse pryse ontvang, onder meer die Jan Campert- en Constantijn Huygens-pryse, die VSB-prys en die Prijs der Nederlandse letteren.
Hy skryf voltyds en benewens dagboeke en enkele romans het daar reeds 23 digbundels uit sy pen verskyn. Van sy gedigte is ook deur Dr. Daniël Hugo in Afrikaans vertaal en gebundel onder die titel ’n Digter in Antwerpen.[2]
Nolens, as romantikus, skryf dikwels oor die liefde en oor die maniere om aan die eie identiteit te ontsnap. Sy vroeëre werk word getipeer as barok-tipe, eksperimentele gedigte. Deur die loop van die jare het daar egter 'n soberheid in sy werk ingetree, en verkry dit 'n meer parlando-agtige (Poésie parlante) kleur. Temas wat dikwels in sy werk voorkom is die jeug, vroue, eensaamheid en alkohol.[3] Nolens word beskou as een van die belangrikste lewende digters uit die Nederlandse taalgebied. Hy word met reëlmaat genoem as kandidaat vir die Nobelprys vir Letterkunde.[4]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.