Die lemoentjiedoring (Cassinopsis ilicifolia) is 'n immergroen klouterplant of 'n klein boompie wat tot 5 meter hoog en 5 meter breed kan word. Dit is 'n plant wat inheems is aan Eswatini, Lesotho, Suid-Afrika en Zimbabwe.[1] Dit kom in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[2]
Lemoentjiedoring | |
---|---|
Blomme en vrug in Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | Icacinales |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. ilicifolia |
Binomiale naam | |
Cassinopsis ilicifolia (Hochst.) Sleumer, (1940) | |
Sinonieme | |
|
Die blare is glansend en teenoorstaande met getande rande. Die blommetjies is klein en daar is af en toe dorings. Die vruggies is sag en oranje wanneer ryp. Dit kan droogte en ryp weerstaan en kan in skadu of volson groei. Wildsbokke vreet die blare terwyl die vrugte deur voëls benut word.
Die vrugte is nie vir mense lekker nie, maar die sade van die vrugte is tradisioneel deur die Zoeloes as ornamente gedra. Hulle het ook die lemoentjiedoring se bas gebruik om 'n medisyne vir disenterie te maak.[3]
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.