plant spesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Langbeentjie (Leucadendron procerum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveldeskarp, Gifberg, Sederberg tot by die Olifantsrivierberge en die noordelike Sandveld.
Langbeentjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. procerum |
Binomiale naam | |
Leucadendron procerum (Salisb. ex Knight) I.Williams, 1967 | |
Sinonieme | |
|
Die struik word 3 m hoog en blom in Augustus. Die plant vrek in 'n brand maar die saad oorleef. Die saad word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val grond toe na 'n brand. Die saad het vlerkies en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteensand op hoogtes van 300 - 670 m.
Die plant se FSA-nommer is 81.2[1]. In Engels staan dit as die Ivory conebush bekend.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.