![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Lathgertha_by_Morris_Meredith_Williams.png/640px-Lathgertha_by_Morris_Meredith_Williams.png&w=640&q=50)
Lagertha
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lagertha was in die Noorse mitologie 'n skildmaagd en plaaslike heerseres in Noorweë. Sy was volgens mites die eerste vrou van Ragnar Lodbrok, die legendariese Wiking wat in die 9de eeu sou gelewe het. Haar naam word ook Ladgerda, Ladgertha, ens. gespel.[1]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7f/Lathgertha_by_Morris_Meredith_Williams.png/640px-Lathgertha_by_Morris_Meredith_Williams.png)
Haar verhaal is in die 12de eeu deur die kroniekskrywer Saxo vertel. Geen regstreekse bewyse is egter al gevind vir haar historiese bestaan nie. Sommige skrywers verbind haar met die godin Thorgerd of die Walkures.
Volgens die legende van Ragnar Lodbrok het Lagertha van jag gehou. Sy het dikwels gaan jag in haar vallei in Noorweë waar sy geheers het. Ná haar troue met Ragnar het sy saam met hom op sy veroweringstogte gegaan. Lagertha het egter so na haar eie land verlang wanneer sy weg was dat sy later tuis gebly het terwyl Ragnar sy togte alleen voortgesit het.[2]
In die televisiereeks Vikings speel Lagertha 'n pertinente hoofrol. Sy word in die reeks deur Katheryn Winnick vertolk.[3]