![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/cd/Equus_quagga_quagga%252C_coloured.jpg/640px-Equus_quagga_quagga%252C_coloured.jpg&w=640&q=50)
Kwagga
uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kwagga is 'n uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus.[2] Dit het eens in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf het die strepe verdof en het die donkerder tussenstreepspasies breër geword. Die agterkant was effe bruin. Die naam is afgelei uit die Khoi-woord vir "sebra", wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was 'n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Kwagga | |
---|---|
![]() | |
'n Foto van 'n kwagga, Londen Dieretuin, 1870. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | |
Spesie: | |
Subspesie: | †E. q. quagga |
Trinomiale naam | |
†Equus quagga quagga Boddaert, 1785 |
Sluit