From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kuifkopvisvanger (Corythornis cristata) is 'n algemene standvoël van Afrika. In Engels staan dit as die malachite kingfisher bekend.
Kuifkopvisvanger | |
---|---|
Volwassene in Zambië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Corythornis |
Spesie: | C. cristata |
Binomiale naam | |
Corythornis cristata (Pallas, 1764) | |
Subspesies | |
|
Dit is 'n klein visvanger, 13 tot 14 cm in lengte. Die kleur van die boonste gedeelte is 'n helder glansende blou. Die kop het 'n kort kuif soos 'n mussie bestaande uit swart en turkoois vere met 'n lang, reguit rooi bek. Jonges het swart snawels en is valer van kleur.
Kom een-een voor by stadigbewegende water van riviere en damme met oewerplantegroei, en sit laag op riete, takkies of rotse vanwaar dit visvang.
Wydverspreid in Afrika suid van die Sahara met uitsluiting van groot dele van die Noord-Kaap, Botswana en Namibië.
Uiter 'n skril "pieep-pieep" as dit opgejaag word. Die broeisang is "li-cha-cha-chui-chui".
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.