From Wikipedia, the free encyclopedia
Krieket Kanada (Engels en Frans: Cricket Canada, afgekort “CC”), tot in 2007 bekend as die Kanadese Krieketvereniging (Canadian Cricket Association, “CCA”; Frans: Association canadienne de cricket, “ACC”), is die bestuursliggaam wat krieket in Kanada beheer. Die beheerliggaam is in 1892 gestig en in Toronto gesetel. Sedert 1968 verteenwoordig dit Kanada by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en ook by die IKR Amerikas (ICC Americas).
Krieket Kanada | |
---|---|
Kenteken van Krieket Kanada | |
Engelse en Franse naam | Cricket Canada |
Afkorting | CC |
Land | Kanada |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1892 |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 1968 |
Vastelandse beheerliggaam | IKR Amerikas |
President | Rashpal Bajwa |
Hoof- uitvoerende beampte | Ingleton Liburd |
Setel | Toronto, Kanada |
Amptelike tale | Engels en Frans |
Amptelike webwerf | cricketcanada.org |
Krieket Kanada is in 1892 as die Kanadese Krieketvereniging gestig. In 1968 het dit ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en in 2007 sy huidige naam aangeneem.[1]
Krieket Kanada organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Kanada se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Maple leafers), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Kanada verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Kanadese span.
Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Kanada. Net soos ander krieketlande beskik Kanada oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[2]
Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die belangrikste krieketliga in Kanada is die Global T20 Canada, waaraan ses spanne deelneem.
Krieket Kanada se kenteken toon ’n elfpuntige esdoringblaar (Acer saccharum) in die nasionale kleure wit en rooi, ontleen aan die vlag van Kanada, met die belettering Cricket Canada daaronder.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.