Krenneriet is 'n mineraal met chemiese formule AgxAu1-xTe2 of Au3AgTe8 wat na die Hongaarse myner J.A. Krenner (1839-1920) genoem is. Dit is taamlik seldsaam, maar 'n gewilde goud- en silwererts.

Meer inligting Portaal Geologie ...
Krenneriet
 
FormuleAu3AgTe8 
OnsuiwerhedeFe 
Nickel-Strunz (10)2.EA.15  
Kleursilwerwit 
Glansmetallies 
Hardheid2 - 3 (Mohs) 
Digtheid8.62 g/cm3 
Transparansieopaak 
RuimtegroepPma2 
Strukturbericht-kodeC46 
Eenheidsela=16.58,b=8.849,c=4.464 
* Lys van minerale
Portaal Geologie
Sluit

Dit kom gewoonlik saam met calaveriet, gedeë goud, silvaniet, petziet, piriet en kwarts voor, dikwels in hidrotermale are saam met ander telluriede.[1]

In Suid-Afrika word krenneriet in die Waaikraal-goudafsetting naby Rustenburg in Noordwes gevind.[2]

Kristalstruktuur

Die krennerietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C46-struktuur[3]

Dit is 'n taamlik ingewikkelde struktuur wat geskryf kan word as (Au2-xAgx)Au2[Te3][Te2]2[Te]; x≈0,8. Daar is drie verskillende metaalposisies. Een daarvan is net deur goud beset en word deur [4+2] telluuratome omring. Die ander twee word statisties deur Ag en Au beset. Die omringing is [2+2+2]. Dit weerspieël die voorkeur van Au en Ag om lae omringingsgetalle te hê. Die helfte van die telluuratome vorm Te2-ditelluriedpare soos dit ook in piriete aangetref word. Maar daar is ook 'n Te3-tritelluriedgroep en 'n Te-telluriedanioon. Die metaalatome vorm golwende lae ewewydig aan die b-as. Die lae word deur die mono-, di- en tritelluried-groepe aanmekaar verbind.[4]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.