![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0b/Molweni-vallei_in_Krantzkloof_Natuurreservaat%252C_a.jpg/640px-Molweni-vallei_in_Krantzkloof_Natuurreservaat%252C_a.jpg&w=640&q=50)
Krantzkloof-natuurreservaat
natuurreservaat in Kloof, KwaZulu-Natal / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Krantzkloof-natuurreservaat, bestuur deur Ezemvelo KZN-Natuurlewe, bewaar 584 ha[1][2] van die bolope van die Molweni- en Nkutu-ravyne in KwaZulu-Natal, wat deur erosie uit die sandsteen Kloofplato[1] verweer is. Die riviere het 'n samevloeiing 1 km buite die reservaat, en vloei sowat 2 km verder in die Umgeni. Die reservaat is in 1950 verklaar, en is so onlangs as 1999 deur landskenkings aangevul.[1]
Krantzkloof-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Pinetown |
Koördinate: 29°45′51″S 30°51′03″O | |
Oppervlak | 584 ha |
Openingsjaar | 1950 deur Natalse Parkeraad |
Bestuursliggaam | Ezemvelo KZN-Natuurlewe |
Die gebied behoort tot die ekostreek "rivierklowe van Maputa- tot Pondoland". Die bebosde Molweniravyn skei die Kloof en Forest Hills woonbuurte, en word deur die Kloof Falls-deurpad oorgesteek. Hierdie pad verleen toegang tot die Kloofvalle piekniekplek, vanwaar wandelpaaie in die stroomop- en stroomafrigtings uitwyk. Artifakte van vroeë ystertydperkse inwoners is in die kloof se rotsskuilings gevind.[1]