respiratoriese sindroom en aansteeklike siektes by mense, veroorsaak deur SARS koronavirus 2 From Wikipedia, the free encyclopedia
Koronavirussiekte-2019 (Engels: COVID-19) is 'n aansteeklike siekte veroorsaak deur Ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (EARS-KoV-2).[1]
Die siekte is die eerste keer in Desember 2019 in Wuhan, China geïdentifiseer, en het sedertdien wêreldwyd versprei, wat gelei tot die COVID-19 pandemie.[2][3] Teen 22 Mei 2020 is daar meer as 5,1 miljoen gevalle in 229 lande en gebiede aangemeld, wat gelei het tot meer as 335 000 sterftes. Meer as 1,95 miljoen mense het herstel.
Algemene simptome sluit in koors, hoes, moegheid, kortasem, en die verlies van reuk en smaak.[4][5][6] Terwyl die meerderheid gevalle tot ligte simptome lei, vorder sommige tot akute respiratoriese noodsindroom (ARDS (en) ) waarskynlik veroorsaak deur 'n sitokiene storm,[7] multi-orgaanversaking, septiese skok en bloedklonte.[8][9] Die inkubasietydperk is gewoonlik ongeveer vyf dae, maar dit kan wissel van twee tot veertien dae.[4][10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.