chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Koper(I)bromied is 'n sout van koper in sy +1 oksidasietoestand en waterstofbromied met formule CuBr Dit is 'n wit vastestof wat groenerig of donkerblou verkleur wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Dit is sleg oplosbaar in water. Dit los op in soutsuur, waterstofbromied en ammoniumhidroksied en vorm komplekse daarmee. Dit is bykans nie in asetoon of swaelsuur oplosbaar nie.[3]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Koper(I)bromied |
Chemiese formule | CuBr |
Molêre massa | 143,45 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7787-70-4[1] |
Voorkoms | groen vastestof[1] |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=569,5 pm[2] |
Ruimtegroep | F43m[2] |
Nommer | 216 |
Strukturbericht | B3 |
Smeltpunt | 492 °C[1] |
Kookpunt | 1354 °C[1] |
Digtheid | 4,72 [3] |
Oplosbaarheid | sleg oplosbaar[1] |
Brekingsindeks | 2,116 [3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n wit vastestof wat groenerig of donkerblou verkleur wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Dit is sleg oplosbaar in water. Dit los op in soutsuur, waterstofbromied en ammoniumhidroksied en vorm komplekse daarmee. Dit is bykans nie in asetoon of swaelsuur oplosbaar nie.[3]
Koper(I)bromied ondergaan twee fase-oorgange na ander vaste fases en 'n smeltoorgang by verhitting.[4]
Die kamertemperatuurvorm (γ) het die kubiese sfalerietstuktuur (B3 in die strukturbericht-klassifikasie)[2]
Enkelkristalle kan uit 'n waterige oplossing van NH4Br hidrotermaal gegroei word. Hulle is liggeel en is p-tipe halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 2,91 eV. Dit het 'n groot eksitoonbindingsenergie (108 meV).[5]
Die β-CuBr-fase het die heksagonale Wurtziet-struktuur (P63mc #186; B4 in strukturbericht-klassifikasie). [6]
Die α-CuBr-fase het die α-AgI-struktuur (B23). Dit is 'n kubiese struktuur met ruimtegroep Im3m (nommer 229). In hierdie struktuur is die anioon op sy vaste plek, maar die katione is ewekansig oor verskeie posisies verdeel. Die katioonsubrooster gedra min of meer soos 'n vloeistof.[6] [7]
Die α-fase is 'n superioniese geleier met baie hoë spesifieke geleibaarheid.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.