Konveksie is die beweging van molekules in vloeiers (dit is vloeistowwe, gasse en ander vervormbare materiale). Dit kan nie in vastestowwe plaasvind nie, omdat nóg die meerderheid stroom vloei, nóg beduidende diffusie plaasvind in vastestowwe.

Thumb
'n Illustrasie van termiese konveksie. Kleure nader aan rooi toon warm gebiede, en kleure nader aan blou wys koue gebiede. In hierdie figuur stuur 'n warm, minder digte grenslaag warm materiaal opwaarts, en soortgelyk beweeg koue materiaal afwaarts. (Dit is oorspronklik 'n model van konveksie in die Aarde se mantel.

Konveksie is een van die hoofmetodes waarmee warmteoordrag en massaoordrag plaasvind. Konveksie-warmte en massaoordrag vind plaas deur beide diffusie — die lukrake Brown se beweging van individuele deeltjies in die vloeier — en deur adveksie, waarmee materie of hitte vervoer word deur die grootskaalse beweging van strome in die vloeier. In die konteks van warmte- en massaoordrag, word die term “konveksie” gebruik om te verwys na die som van adveksie- en diffusie-oordrag.[1]

Bronne

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.