Koning Shaka Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Koning Shaka Internasionale Lughawe (IATA: DUR, ICAO: FALE) is 'n nuwe internasionale lughawe wat op 30 April 2010 geopen is, sowat 40 km noord van Durban langs die N2 naby La Mercy. Die lughawe het die ou Durban Internasionale Lughawe (IATA: DUR, ICAO: FADN) vervang, wat suid van die stad geleë was en te klein geword het om meer passasiers te kon hanteer. Die eerste geskeduleerde vlugte het op 1 Mei 2010 begin, net meer as 'n maand voor die afskop van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, 'n sporthoogtepunt in Suid-Afrika.[1]
Koning Shaka Int. Lughawe King Shaka International Airport | |||
---|---|---|---|
Ingang na die passasiersterminaal | |||
IATA: DUR – ICAO: FALE | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Dube Tradeport Company | ||
Operateur | Airports Company South Africa | ||
Bedien | Durban, Suid-Afrika | ||
Ligging | La Mercy, KwaZulu-Natal | ||
Spil vir | South African Express | ||
Fokuspunt vir | Airlink | ||
Hoogte bo seevlak | 90 m / 295 vt | ||
Koördinate | 29°37′0″S 31°6′30″O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 3 700 | 12 139 | Teer |
Statistieke (2012) | |||
Passasiers | 4 747 224 | ||
Lugbewegings | 50 853 | ||
Bron: Airports Company South Africa (ACSA) |
Die lughawe is na die Zoeloekoning Shaka genoem en is die derde besigste lughawe in Suid-Afrika na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en die Kaapstad Internasionale Lughawe.[2]
Die lughawe is ontwerp deur Osmond Lange Argitekte en Beplanners en het sowat R 8 miljard gekos om te bou[3] (ongeveer VS$900 miljoen[4]).
Hoewel die groter lughawe gebou is om die gebied se groeiende internasionale dienste te bedien, is dit ook 'n belangrike lughawe vir binnelandse dienste in Suid-Afrika, wat die "Goue Driehoek" tussen Kaapstad Internasionale Lughawe, O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en Koning Shaka deur 7 rederye verbind. Koning Shaka was die 9de besigste lughawe in Afrika volgens statistieke vir 2010, ten spyte van die feit dat dit vir die eerste vier maande nog nie oop was nie.
Die grootste vliegtuig wat tans geskeduleerde dienste na KSIL onderneem is die Boeing 777-300ER, met Emirates wat die Doebai—Durbanroete bedryf. Dit ten spyte van die feit dat KSIL se aanloopbaanlengte en terminale ontwerp is om teoreties gereeld groot vliegtuie te hanteer. Die grootste vliegtuie wat KSIL in 2010 aangedoen het, was die Airbus A340s van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, vir 'n kort tydperk rondom die 2010 FIFA Wêreldbeker.[5][6]
Op 27 Januarie 2014 het die wêreld se grootste vliegtuig, 'n Airbus A380-800 van British Airways op KSIL geland, die eerste A380 wat hier sou aandoen. Die vliegtuig is gebruik vir opleiding en het tot 4 Februarie 2014 heelwat vlugte na en van die lughawe onderneem.
In 2013, 2015 en 2016 het Skytrax aangekondig dat Koning Shaka Internasionale Lughawe die beste lughawe in die wêreld was van dié wat onder 5 miljoen passasiers per jaar hanteer het.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.