Die Kolima (Russies: Колыма́, [kəlɨˈma]; Jakoeties: Халыма) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Russiese Verre-Ooste. Dié rivier, met 'n lengte van 2 129 km (1 323 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koeloe und Ajan-Joerjach in Soentar-Chajata, Jakoetië, net suidoos van die Indigirka se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordoostelike rigting deur die Magadan-oblast en bereik Sinegorje. Hiervanaf vloei die Kolima in 'n noordwestelike rigting deur Sejmchan en vloei later in 'n noordelike rigting tot by Zyryanka en bereik die Jakoetië-republiek. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur Srednekolymsk en mond noord van Chersky in 'n delta in die Oos-Siberiese See uit.[1]

Kitsfeite
Kolima
Thumb
Die Kolima by Debin
Die Kolima by Debin
Thumb

Die stroomgebied van die Kolima

Oorsprong Soentar-Chajata, Magadan-oblast, Rusland
Monding Jakoetië, Rusland
Oos-Siberiese See
Stroomgebied Rusland
Lengte 2 129 km (1 323 myl)
Oorspronghoogte 790 m (2 592 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 3 800 m³/s (130 000 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 647 000 km² (250 000 myl²)
Thumb
Kaart van die Kolima-bekken in Asië
Sluit

Die omgewing van die Kolima word gekenmerk deur die taiga, wat by die kus verder noord in 'n toendra oorgaan. Die rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.