Instelling wat hoofsaaklik koffie en ander warm drankies bedien From Wikipedia, the free encyclopedia
Koffiehuis of koffiewinkel is verwante terme vir 'n instelling wat hoofsaaklik koffie en ander warm drankies bedien. Café of kafee kan verwys na 'n koffiehuis, kroeg, teekamer, 'n klein en goedkoop restaurant of ander gemaklike eet-en-drink plek, afhangende van die kultuur.[1][2][3][4][5] 'n Koffiehuis deel 'n paar van dieselfde kenmerke met 'n kroeg of restaurant, maar dit is anders as 'n kafeteria. Soos die naam aandui, fokus 'n koffiehuis op die verskaffing van koffie en tee asook ligte verversings. Baie koffiehuise in die Midde-Ooste, en in Wes-Asiatiese immigrantdistrikte in Westerse lande, bied Shisha (nargile in Turks en Grieks) aan, 'n gegeurde tabak gerook deur 'n hookah. Espresso bars is 'n tipe koffiehuis wat spesialiseer in die bediening van espresso en espresso-gebaseerde drankies.
Vanuit 'n kulturele oogpunt, dien koffiehuise veral as sentrums vir sosiale interaksie: die koffiehuis bied aan sy sosiale lede 'n plek om te vergader, gesels, skryf, lees, mekaar te vermaak, of tydverwyl, hetsy individueel of in klein groepies van twee of drie persone. 'n Koffiehuis dien dus as 'n informele klub vir sy gereelde lede.[6]
Koffiedrinkery het in die 15de eeu van Ethiopië tot Mekka en die Ottomaanse Ryk versprei. Alkohol was nie toegelaat vir Moslems nie, maar koffiehuise het aan die behoefte aan sosialisering voldoen. Koffiehuise is onder meer in Damaskus, Istanbul en Kaïro geopen. Die eerste Europese koffiehuis is in 1645 in Venesië geopen. Ander groot Europese en Noord Amerikanse stede het ook spoedig gevolg: Oxford in 1650, Londen in 1651, Den Haag in 1664, Hamburg in 1677 en Parys, Boston en New York in 1689.
Daar is 'n koffiehuiskultuur in baie Europese lande. Dit beteken dat mense lank na 'n koffiehuis gaan om die koerant te lees terwyl hulle koffie geniet, met ander praat of na mense staar. Baie skrywers het in koffiehuise geskryf; Sentraal-Europese stede soos Praag, Wene en Boedapest het 'n reputasie verwerf met sulke koffiehuise. Die filosoof George Steiner is van mening dat die koffiehuis 'n verskynsel is wat Europa van die Verenigde State onderskei.
Koffiehuise was ook soms vergaderplekke vir politiek ontevredenes, en dat sulke besprekings die vonk van 'n rewolusie kon laat opvlam. Daar is inderdaad verskeie politieke bewegings in die Weense en ander koffiehuise gestig. Leon Trotsky (Trotskyȉsme), Adolf Hitler (Nasionaal-Sosialisme) en Theodor Herzl (Sionisme) was gereelde besoekers aan koffiehuise.
Koffiehuise het soms 'n buitegedeelte ('n terras of sypaadjie) met sitplekke, tafels en sambrele. Dit is veral die geval met Europese kafees. Koffiehuise bied 'n meer oop openbare ruimte in vergelyking met baie van die tradisionele kroeë wat hulle vervang het, wat meer deur mans ondersteun is met die fokus op drank.
Een van die oorspronklike gebruike van die koffiehuis, as plek vir uitruil van inligting en kommunikasie, is in die negentigerjare weer vernuwe met die bekendgestelling van die internetkafee (met gratis Wi-Fi).[7] Die verspreiding van die moderne koffiehuis na stedelike en landelike gebiede het hand-aan-hand gegaan met die toenemende gebruik van mobiele rekenaars. Rekenaars en internettoegang in 'n kontemporêre styl help om 'n jeugdige, moderne plek te skep, vergeleke met die tradisionele kroeë of outydse eetplekke wat hulle vervang het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.