From Wikipedia, the free encyclopedia
Die koekoeke (Cuculidae) is 'n familie van voëls wat aan die orde van koekoekvoëls (Cuculiformes) behoort. Die familie omvat nagenoeg 26 genera met 146 spesies.[1]
Koekoeke | |
---|---|
Guira guira | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Cuculidae Vigors, 1825 |
Genera | |
Omtrent 26, sien teks. |
Koekoeke is skraal voëls met 'n lang stert, gekromde snawel en gepunte vlerke. Hulle kom in bykans alle gematigde en warmer streke van die wêreld voor.
Sommige van die spesies is broeiparasiete wat nie hulle eie kuikens grootmaak nie. Wyfies van hierdie spesies lê hul eiers in ander spesies se neste. Hierdie eiers lyk gewoonlik baie soos die van die spesies wat hulle uitbuit. Die koekoeke se eiers broei dan gewoonlik eerste uit, waarna hulle hul pleegouers se eie eiers uit die nes skop om sodoende meer voedsel vir hulself te verseker. Teen die tyd wat hulle die nes verlaat, is hulle dikwels groter as hul pleegouers.[2]
Fossiele van koekoeke vanuit die laat Eoseen is in Europa en Noord-Amerika gevind.
Loeries:
Grondkoekoeke:
Subfamilie cuculinae
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.