Klipdassie
Procavia capensis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die klipdassie (Procavia capensis) is 'n dassie wat dwarsoor in suidelike en sentraal-Afrika, asook rondom die Rooisee voorkom. Hulle staan ook bekend as die klipdas.
Klipdassie[1] | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Procavia Storr, 1780 |
Spesie: | P. capensis |
Binomiale naam | |
Procavia capensis (Pallas, 1766) | |
Verspreiding |
Die klipdassie (Procavia capensis) is die bekendste verteenwoordiger van die dassiefamilie (Procaviidae), waarvan die voorlopers aan olifante, klaasneuse en die erdvark verwant was. Klipdassies is klein, maar fris geboude, bruinerige diere met kort ore en merkwaardige pote met hoewe.
Die hoewe, asook die kiestande is eenders as die renoster s'n, hoewel hulle nie verwant is nie. Die diere kom in Afrika, die Nabye Ooste en Arabië voor en leef in groot kolonies in klipperige gebiede. Hulle is planteters wat min water drink, wat meebring dat die urinekonsentraat baie hoog is. Die neerslag wat oorbly nadat die water uit die urine verdamp hel, staan as klipsweet bekend.