Klaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)
komposisie vir klavier deur Franz Schubert / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Klaviersonate No. 18 in G majeur D. 894, Op. 78 deur Franz Schubert is 'n sonate vir klavier wat in Oktober 1826 voltooi is.[1] Die werk staan ook soms bekend as die "Fantasie", welke titel die uitgewer Tobias Haslinger aan die eerste beweging van die werk gegee het.[2] Dit was die laaste van Schubert se klaviersonates wat tydens sy leeftyd gepubliseer is, en is later deur Robert Schumann beskryf as die "mees perfekte wat vorm en konsepsie betref" van enige van Schubert se sonates.[3] 'n Tipiese uitvoering beloop ongeveer 35 minute.
The oorspronklike handgeskrewe manuskrip word bewaar in die Britse Biblioteek.