Klavierkonsert no. 2 in B-mol-majeur, op. 19 (Beethoven)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Klavierkonsert no. 2 in B-majeur, op. 19 deur Ludwig van Beethoven is hoofsaaklik tussen 1787 en 1789 gekomponeer, hoewel dit eers in 1795 die formaat gekry het waarin dit gepubliseer is. Beethoven het wel in 1798 ’n tweede finale daarvoor geskryf vir 'n uitvoering in Praag, maar dit is nie die finale wat uiteindelik gepubliseer is nie. Die konsert is deur die komponis gebruik as 'n voertuig vir sy eie optredes as 'n jong virtuoos, aanvanklik bedoel met die Bonn Hofkapelle.[1] Dit is in uiteindelik Desember 1801 as op. 19 gepubliseer – later as die publikasie in Maart dieselfde jaar van sy latere komposisie, wat vandag as die Klavierkonsert no. 1 in C-majeur, op. 15 bekendstaan, en het dus as sy tweede klavierkonsert bekend geword.[2]
Klavierkonsert in B-mol-majeur | |
---|---|
No. 2 | |
deur Ludwig van Beethoven | |
Die komponis om en by 1801. Hy het sy Weense debuut in 1795 in die Burgteater gemaak, moontlik met die uitvoering van die tweede klavierkonsert. | |
Styl | Klassiek (musiek)|Klassieke periode |
Opgevoer | 29 Maart 1795 (1795-03-29): Wene |
Gepubliseer | 1801 (1801) |
Bewegings |
|
Partituur |
|
Die tweede klavierkonsert was 'n belangrike vertoonstuk vir die jong Beethoven toe hy probeer het om homself te vestig nadat hy van Bonn na Wene verhuis het. Hy het dit moontlik op 29 Maart 1795 by Wene se Burgtheater uitgevoer in 'n konsert wat sy openbare debuut gevier het.[3] Dit is egter onduidelik om te bepaal of hierdie konsert (in B-majeur, op. 19) op daardie datum uitgevoer is, en of dit die eerste klavierkonsert (in C, op. 15) was (wat later as dié in B-majeur gekomponeer is).[3] Voor dié konsert het hy net in die privaat salonne van die Weense adel opgetree. Terwyl die werk as geheel baie met die concerto-styl van Mozart ooreenkom, is daar 'n gevoel van drama en kontras wat ook in baie van Beethoven se latere werke teenwoordig sou wees.[1] Beethoven self het hierdie werk klaarblyklik nie besonder hoog geag nie, en het aan die uitgewer Franz Anton Hoffmeister opgemerk dat dit, saam met die klavierkonsert nr. 1, nie een van sy bestes was nie.[4] Die pianis Peter Serkin merk egter op dat die feit dat Beethoven die cadenza van die eerste beweging veel later as die concerto gekomponeer het, eintlik op sy (Beethoven) se eie agting vir sy vroeë concerto dui.[5] Die weergawe wat hy moontlik in 1795 gepremière het, is die weergawe wat vandag uitgevoer en opgeneem word.