Klas GF Garratt-stoomlokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Klas GF Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir beide goedere en passasierdienste met 'n uitleg van 4-6-2+4-6-2. Die spesifikasie vir die klas was opgestel deur kol. F.R. Collins. Die eerste bestelling van 37 lokomotiewe was in 1927 afgelewer deur die Duitse maatskappy Hanomag, gevolg deur 'n verdere 18 in 1928. Die maatskappy Maffei het 'n verdere 10 afgelewer later in 1928. Die lokomotiewe is toegerus met Walschaerts-klepratwerk en gebruik superverhitte stoom. Die lokomotiewe het diens gedoen in KwaZulu-Natal, die ou Transvaal, Vrystaat en die Oos-Kaap. Hulle is in 1979 uit diens gestel.
Kitsfeite Tipe en oorsprong, Kragtipe ...
Klas GF Garratt Nr. 2427, Mason’s Mill, 6 Julie 1962 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Vervaardiger | Hannoversche Maschinenbau AG (Hanomag) Henschel & Son Maffei |
Serienommer | Hanomag: 10512-10548 Henschel: 21053-21070 Maffei: 5748-5757[1][2] |
Model | Klas GF[3] |
Klas | Klas GF |
Vervaardig | 1927-1928 |
Aantal gebou | 65 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-6-2+2-6-4 "Double Pacific" Garratt |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1 067 mm) |
Voorwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 370 mm (54 dm) |
Wielbasis | Totaal: 21.260 m (69 vt 9 dm) Enjin: 2.896 m (9 vt 6 dm) gekoppel |
Lengte | 23.495 m |
Hoogte | 3.912 m |
Raamwerk | Staafraam, 10.109 m tussen draaispille |
Asbelasting | 14.2 t op 6de drywer |
Massa op dryfwiele | 84 - 85 t |
Lokomotiefmassa | 110.5 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10.2 t |
Waterkapasiteit | 14 000 ℓ (3 000 gal) voor 4 500 ℓ (1 000 gal) agter |
Stoomketel | 1.899 m binnediameter |
Stoomketeldruk | 1 280 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 4.088 m2 |
234 buise van 50.8 mm 36 buise van 140 mm | |
2.137 m2 | |
– Buise en pype | 189.801 m2 |
– Vuurkas | 16.351 m2 |
208.289 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 43.943 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 406 mm (16 dm) boor 660 mm (26 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 152.1 kN teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 65 |
Vlootnommer(s) | 2370-2434 |
Afleweringsdatum | 1927-1928 |
Eerste tog | 1927 |
Onttrekkingsdatum | 1979 |
Sluit