![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/ff/SAR_Klasse_6Z.jpg/640px-SAR_Klasse_6Z.jpg&w=640&q=50)
Klas 6Z-stoomlokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse Klas 6Z 2-6-4 van 1901 was 'n stoomlokomotief in die Kaapkolonie.
Kitsfeite Tipe en oorsprong, Kragtipe ...
![]() Ou CGR 6de Klas no. 271, SAR Klas 6Z no. 714, ongeveer 1912 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Kaapse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | Neilson, Reid and Company |
Serienommer | 5867-5870, 6075-6078 [1] |
Model | CGR 6de Klas 2-6-4 |
Klas | CGR 6de Klas 2-6-4 SAR Klas 6Z [2] |
Vervaardig | 1901 [1] |
Aantal gebou | 8 |
Herbouer | Cape Government Railways |
Herboudatum | 1902 |
Aantal herbou | 4 uit 2-6-2 "Prairie" |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-6-4 "Adriatic" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 ½ dm) |
Dryfwielomtrek | 1,370 mm (54 dm) |
Agterwielomtrek | 724 mm (28 ½ dm) |
Wielbasis | Totaal: 13.951 m Enjin: 2.997 m gekoppel 8.534 m totaal Tender: 3.048 m |
Lengte | 16.948 m |
Hoogte | 3.912 m |
Raamwerk | Staafraamwerk |
Asbelasting | 13.1 t op 1ste drywer |
Massa op dryfwiele | 36.6 t |
Lokomotiefmassa | 55.3 t |
Tendermassa | 33.3 t |
Gesamentlike massa | 88.5 t |
Tendertipe | 3-astender 940 mm wiele |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 5.6 t |
Waterkapasiteit | 12 000 ℓ |
Stoomketel | 1.397 m binnediameter 4.239 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 170 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 2.369 m2 |
188 buise 50.8 mm diameter 126.906 m2 in totaal | |
– Vuurkas | 8.919 m2 |
135.824 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 457 mm (18 dm) boor 660 mm (26 dm) slag |
Klepwerk | Stephenson |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 88.5 kN (19 890 lbk) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Kaapse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 8 |
Vlootnommer(s) | CGR 270-277, [1] SAR 713-720 [2][3][4] |
Afleweringsdatum | 1901-1902 |
Eerste tog | 1901 |
Onttrekkingsdatum | 1934[5] |
Sluit
In 1901 het die Kaapse Regeringspoorweë vier nuwe 6de Klas stoomlokomotiewe met 'n 2-6-2 Prairie-tipe wieluitleg in diens geplaas, maar hulle is gou verander na 'n 2-6-4 Adriatic-tipe wieluitleg. In 1902 is nog vier lokomotiewe in diens geplaas, ook gebou met die 2-6-4 wieluitleg. Laasgenoemde was die eerste tenderlokomotiewe in die wêreld om met hierdie wieluitleg gebou te word.
In 1912, toe hulle na Uniewording in die Suid-Afrikaanse Spoorweë opgeneem is, is hierdie agt lokomotiewe hernommer en herklassifiseer as Klas 6Z.[2][3][6][5]