From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kerriebos (Hypericum revolutum) is 'n bosserige struik of klein boompie. Die boompie is immergroen en is dikwels 'n pioneerspesie in woudkolle. Die boom groei verkieslik aan stroomoewers en woudrande op hoë hoogtes. Die boompie word 1 tot 3 m hoog. Die bas is rooibruin met hoekige takkies. Die blare is enkelvoudig, ellipties en blougroen. Hulle is by takpunte saamgebondel. Die blomme is heldergeel en pieringvormig met breë kroonblare. Die baie meeldrade is in die middel van die blom.
Kerriebos | |
---|---|
'n Kerriebos in Ethiopië. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | Hypericaceae |
Genus: | Hypericum |
Spesie: | H. revolutum |
Binomiale naam | |
Hypericum revolutum Vahl | |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.