![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/KerkpleinPretoria.png/640px-KerkpleinPretoria.png&w=640&q=50)
Kerkplein, Pretoria
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kerkplein is die historiese sentrum van Pretoria, Suid-Afrika by die kruising van Kerkstraat en Paul Krugerstraat.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/KerkpleinPretoria.png/320px-KerkpleinPretoria.png)
2: Ou ZAR Raadsaal
3: Ou Capitol-teater
4: Ou Nederlandse Bank
5: Regskamers
6: Café Riche
7: Paleis van Justisie
8: Ou Reserwebank en Ou Mutual-gebou
9: Ons Eerste Volksbank
10: Eerste Nasionale Bank
11: Tudorgebou
12: Standard Bank
A: Bank van Afrika
B: Ou Muntgebou
C: Hoofposkantoor
Kerkplein is in 1855 opgerig toe die President van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Marthinus Wessel Pretorius, die stadsbeplanners, die broers Devereaux, aangesê het om 'n plein vir mark- en kerkgangdoeleindes te ontwerp. Die plein is aanvanklik ook as 'n sportveld gebruik en die verspringer Izak Prinsloo het in 1883 die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner hier opgestel[1]
Die eerste kerk op die plein is in 1857 voltooi. Nadat die kerk in 1882 afgebrand het is 'n tweede Gereformeerde Kerk in 1884-85 gebou. Dit is weer in 1904-05 gesloop nadat die kerk die plein in 1899 aan die ZAR regering verkoop het wat dit weer 1905 aan die stadsraad oorhandig het.[1]