From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler-1625 is ’n sonagtige ster met ’n skynbare magnitude van sowat 14 in die sterrebeeld Swaan, sowat 7 000 - 8 000 ligjare van die Aarde af. Sy radius is net minder as 80% van die Son s’n en sy massa sowat 8% groter as die Son s'n. In 2016 is ontdek ’n eksoplaneet, Kepler-1625b, wentel om die ster: Dit is ’n gasreus in die ster se bewoonbare sone. In 2018 is berig die eksoplaneet het dalk ’n eksomaan, Kepler-1625b I.[4] Waarnemings deur die Hubble-ruimteteleskoop het ook bewyse gelewer dat daar 'n maan is, maar onlangse ontledings in 2019 dui daarop dat die maan dalk nie bestaan nie.[5]
Kepler-1625 | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Soort | Subreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 41m 43.043s[1] | |||
Deklinasie | 39° 53′ 11.6″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,916[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,079[3] | |||
Radius (R☉) | 1,793[3] | |||
Ouderdom (jaar) | 4,36 miljard[2] | |||
Temperatuur (K) | 5 548[3] | |||
Afstand (ligjaar) | 7 000 - 8 000 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | +0,12[3] | |||
Ander name | ||||
KIC 4760478, KOI 5084, 2MASS J19414304+3953115 | ||||
|
Kepler-1625 is ’n taamlik groot ster soortgelyk aan die Son. Sy radius is 1,79 keer die Son s’n, maar sy massa is net sowat 1,079 sonmassas.[3] Sy temperatuur is sowat 5 548 K, effens koeler as die Son.[3] Dié parameters dui daarop dat Kepler-1625 ’n geel subreus naby die einde van sy bestaan kan wees. Die ster het ’n hoë metaalinhoud van +0,12 dex (in vergelyking met die Son s’n van 0,00) en is meer as 3 900 ligjare van hier.[3]
Daar is ook ’n sekondêre model vir die grootte van Kepler-1625: sowat 0,94 sonradiusse en 0,96 sonmassas, met ’n temperatuur van 5 677 K en dieselfde metaalinhoud as die Son.[2]
Die ster het een bevestigde planeet. Dit is effens groter as Jupiter en wentel een keer in 287,3 aarddae om sy ster. As die kleiner raming van die ster se grootte reg is, is Kepler-1625b egter ’n gasplaneet van 6 aardradiusse wat in die ster se bewoonbare sone voorkom.[3]
Die ligkurwes van die drie waargenome oorgange dui op die bestaan van ’n eksomaan so groot soos Neptunus wat om die planeet wentel. Nog waarnemings is nodig om die bestaan van die maan te bevestig of uit te skakel. Hoewel die Hubble-ruimteteleskoop in 2018 ook ligkurwes waargeneem het wat op die teenwoordigheid van 'n maan dui,[4] het verdere ontledings in 2019 daarop gedui die ligkurwes kan die gevolg van dataredusering wees.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.