![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/13/Kea_on_rock_while_snowing.jpg/640px-Kea_on_rock_while_snowing.jpg&w=640&q=50)
Kea
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kea (Nestor notabilis) is ’n groot spesie papegaaie in die familie Nestoridae[2] wat in die woud- en Alpestreke van Nieu-Seeland se Suideiland voorkom. Dit is sowat 48 cm lank en hoofsaaklik olyfgroen met helderoranje onder sy vlerke. Dit het ’n groot, smal, geboë grysbruin bosnawel.
Kea | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Nestoridae |
Genus: | |
Spesie: | N. notabilis |
Binomiale naam | |
Nestor notabilis Gould, 1856 | |
![]() | |
Verspreidingsgebied in groen. |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/Kea_about_to_land%2C_displaying_orange_underside_of_wing.jpg/640px-Kea_about_to_land%2C_displaying_orange_underside_of_wing.jpg)
Die kea is die enigste Alpe-papagaai ter wêreld. Hul omnivore dieet sluit aas in,[3] maar bestaan hoofsaaklik uit wortels, blare, bessies, nektar en insekte. Die voëls is vroeër doodgemaak weens kommer onder skaapboere dat hulle vee, veral skape, aanval.[4] Sedert 1986 word hulle beskerm onder die wet op natuurlewe.[5]
Die genus Nestor bevat vier spesies: die Nieu-Seelandse kaka (Nestor meridionalis), die kea (N. notabilis), die uitgestorwe Norfolk-kaka (N. productus) en die uitgestorwe Chatham-kaka (N. chathamensis). Almal stam vermoedelik af van ’n "proto-kaka" wat vyf miljoen jaar gelede in die woude van Nieu-Seeland voorgekom het.[6][7] Hul naaste verwant is die kakapo (Strigops habroptilus), wat nie kan vlieg nie.[6][7][8][9] Saam vorm hulle die superfamilie Strigopoidea van papegaaie, ’n antieke groep wat voor hul verspreding van alle ander Psittacidae afgeskei het.[6][7][9][10]