Katalase
From Wikipedia, the free encyclopedia
Katalase is 'n ensiem wat in byna alle lewende organismes wat aan suurstof blootgestel is, soos bakterieë, plante en diere gevind word. Dit kataliseer die opbreek van waterstofperoksied in water en suurstof.[1] Dit het 'n baie belangrike funksie om die sel teen oksidatiewe skade deur reaktiewe suurstof spesies (ROS) te beskerm. Katalase het een van die hoogste omsetgetalle van enige ensiem; een katalase molekule kan miljoene waterstofperoksied molekules per sekonde in water en suurstof omsit.[2]
Katalase is 'n tetrameriese proteïen: dit bestaan uit vier polypeptiedkettings, wat elkeen meer as 500 aminosure lank is.[3] Dit bevat vier ysterbevattende heemgroepe wat die ensiem toelaat om met die waterstofperoksied te reageer. Die optimale pH vir menslike katalase is ongeveer 7,[4] maar dit het 'n redelik breë maksimum: die tempo van die reaksie verander nie wesentlik tussen pH 6.8 en 7.5 nie.[5] Die optimale pH ander katalases wissel tussen 4 en 11, afhangende van die organisme.[6] Die optimale temperatuur verskil ook tussen spesies.[7]