Kaartlêery
tipe waarsêery met behulp van kaarte / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kaartlêery of kartomansie is fortuinvertelling, of waarsêery, met behulp van 'n pak speelkaarte.[1] Vorme van kaartlêery het in die 14de eeu in Europa verskyn, net ná speelkaarte.[2] Mense wat kaartlêery beoefen, word kaartlesers genoem.
In kaartlêery was stadaardspeelkaarte in die 18de, 19de en 20ste eeu die gewildste vorm van fortuinvertelling. Die standaardpak van 52 kaarte bevat gewoonlik 'n joker of selfs 'n blanko kaart. In Frankryk word die piketpak van 32 kaarte meestal gebruik: Dit kan 'n pak van 52 kaarte wees waarvan al die 2's tot 6'e verwyder is. Al wat oor is, is die 7's tot 10'e, die prentkaarte en die ase.
In Engelssprekende lande is tarotkaartlêery die gewildste. Tarotkaarte word op dié plekke feitlik uitsluitlik vir dié doel gebruik.[3]