Aas (speelkaart)
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Aas is 'n speelkaart met 'n enkele hart-, klawer-, ruit- of skoppenssimbool in die middel van Franse speelkaarte. Dit is soms groot en versier, veral in die geval van 'n aas van skoppens. Dié praktyk het in die tyd van koning Jakobus VI van Skotland en I van Engeland begin omdat vereis is dat die vervaardiger sy kenteken op die kaarte plaas om die maatskappy te identifiseer en te wys hy het die nuwe seëlbelasting betaal.[1] Hoewel dié vereiste in 1960 afgeskaf is, word die praktyk steeds deur baie kaartdrukkers gevolg.[2]
In ander lande en stede word die seël en kenteken ook op die aaskaarte geplaas: die aas van klawers in Frankryk, van ruitens in Rusland en van hartens in Genua, want dié kaarte het die meeste plek.
Die naam is voorheen ook gebruik vir 'n dobbelsteen met een kolletjie, maar dié praktyk is verouder.