![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/85/Early_morning%252C_Karoo%252C_South_Africa.jpg/640px-Early_morning%252C_Karoo%252C_South_Africa.jpg&w=640&q=50)
Karoo- Nasionale Park
nasionale park in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Karoo- Nasionale Park is naby die dorp Beaufort-Wes in die Wes-Kaap Provinsie geleë. Dié park is in 1979 gestig met die doel om 'n gedeelte van die Karoo te bewaar. Die park is bekend vir verskeie fauna en flora, insluitend die witkruisarend en verskillende soorte skilpaaie. Verskeie soogdierspesies word in die park aangetref.
Karoo- Nasionale Park | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Beaufort-Wes |
Koördinate: 32.2622°S 22.3091°O / -32.2622; 22.3091 | |
Oppervlak | 768 km2 |
Openingsjaar | 1979 |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | Karoo- Nasionale Park |
Die Karoo- Nasionale Park is ook bekend vir die Kwaggaprojek wat deur Reinhold Rau bestuur word. Daar word gepoog om die uitgestorwe kwagga weer te laat "herleef" deur bontkwaggas wat 'n genetiese afwyking het en baie na die kwagga lyk hier te vestig. Sodoende word 'n teelprojek aan die gang gehou (in die tweede geslag) en Rau reken dat die vierde geslag bontkwaggas baie soos die kwagga sal lyk.
Talle wildsoorte, waarvan die Kaapse bergkwagga die belangrikste is, is in hierdie gebied hervestig. Omdat ongeveer 40 % van Suid-Afrika se grondgebied woestyn- of halfwoestynagtig is en die flora en fauna wat daarin voorkom, ʼn belangrike deel van Suid-Afrika as geheel se flora en fauna verteenwoordig, is daar besluit om 'n park in die Karoo te vestig waar die gebied se natuurlike plante- en dierelewe beskerm kan word.