Karintië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Karintië (Duits: Kärnten, Sloweens: Koroška) is 'n deelstaat van die land Oostenryk. Dit beslaan 'n oppervlakte van 9 536,50 km² en het 'n bevolking van 564 513 in 2022 gehad. Karintië is in 1919 na die ontbinding van Oostenryk-Hongarye gestig en is in die suide van Oostenryk geleë. Dit grens aan die deelstate Tirol (Oos-Tirol) in die weste, Salzburg in die noordweste en Stiermarke in die noordooste. In die suidweste grens dit aan Italië en in die suidooste aan Slowenië. Klagenfurt is die hoofstad en met 'n bevolking van sowat 95 000 ook die grootste stad van Karintië.
Meer inligting Landsvlag, Landswapen ...
Landsvlag | Landswapen |
---|---|
(Besonderhede) | (Besonderhede) |
Basiese gegewens | |
Ampstaal: | Duits en Sloweens[1] |
Hoofstad: | Klagenfurt |
Stigting: | 1919 |
Oppervlakte: | 9 536,50 km² (5de) (31 Desember 2019) |
Bevolking: | 564 513[2] (6de) (1 Januarie 2022) |
Bevolkingsdigtheid: | 59 inwoners / km² (8ste) |
Bruto binnelandse produk - Totaal (2018) - % per inwoner |
20,88 miljard €[3] 37 200 € |
Werkloosheidsyfer: | 6,4 % (Junie 2022)[4] |
Buitelanders: | 10,9 %[5] (1 Januarie 2020) |
Volkslied (Landeshymne): | Kärntner Heimatlied |
ISO 3166-2: | AT-2 |
Amptelike webwerf: | www.ktn.gv.at |
Politiek | |
Eerste minister: | Peter Kaiser (SPÖ) |
Regerende partye: | SPÖ en ÖVP |
Setels in die parlement (Landtag) (36 setels) (2018: 36 setels): |
SPÖ 15 (2018: 18) FPÖ 9 (9) ÖVP 7 (7) TK 5 (5) |
Laaste verkiesing: | 5 Maart 2023 |
Volgende verkiesing: | 2028 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 4 |
Kaart | |
Sluit