![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/PDB_1bsg_EBI.jpg/640px-PDB_1bsg_EBI.jpg&w=640&q=50)
Karbapenem-weerstandige Enterobacteriaceae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Karbapenem-weerstandige Enterobacteriaceae (KWE) of karbapenemaas-produserende Enterobacteriaceae is Gram-negatiewe[Nota 1] bakterieë wat bestand is teen die karbapenem-klas antibiotika, wat beskou word as die middels van laaste uitweg vir sulke infeksies. Hulle is weerstandbiedend omdat hulle 'n ensiem produseer, wat 'n karbapenemaas genoem word, wat die geneesmiddelmolekule deaktiveer.[1]
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/PDB_1bsg_EBI.jpg/640px-PDB_1bsg_EBI.jpg)
Die weerstand kan wissel van matig tot ernstig. Enterobacteriaceae is algemene kommensale[Nota 2] en aansteeklike organismes. Kenners vrees KWE kan die nuwe "superinfeksie" wees.[2] Die bakterieë kan tot die helfte van pasiënte wat bloedstroominfeksies kry doodmaak.[3] Tom Frieden, voormalige hoof van die CDC (Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming), het na karbapenem-weerstandige Enterobacteriaceae verwys as "nagmerriebakterieë".[3][4]
Voorbeelde van ensieme wat in sekere tipes KWE voorkom, is Klebsiella pneumoniae-karbapenemaas (KPK) en Nieu-Delhi Metallo-β-laktamaas (NDM). KPK en NDM is ensieme wat karbapenems afbreek en ondoeltreffend maak. Beide hierdie ensieme, sowel as die ensiem Verona Integron-bemiddled Metallo-β-laktamaas (VIM) is ook in Pseudomonas-bakterieë[Nota 3] aangemeld.[5]