From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kanuri (Kanuri: Kanouri, Kanowri, ook Yerwa, Bare Bari en verskeie benamings vir ondergroepe) is 'n Nilo-Sahariese etniese groep inheems aan die gebied van die voormalige Kanem- en Bornu-ryke in Kameroen, Niger, Nigerië en Tsjad, dit wil sê rondom die Tsjadmeer. Die term Kanuri sluit verskeie ondergroepe in, waarvan sommige hulself nie as Kanuri beskou nie. Die meeste beskou die regerende geslagte van die Middeleeuse Kanem-Bornu-ryke en sy kliëntstate of provinsies as hul voorsate. In teenstelling met die naburige Toubou of Zaghawa-veeboere is Kanuri-groepe tradisioneel gevestig en beoefen landbou, visvang in die Tsjadmeer, en hou hulle besig met handel en soutverwerking.[5]
Kanuri | |
---|---|
Ali Modu Sheriff, 'n Kanuri-politikus en goewerneur van die Borno-deelstaat, Nigerië, 2007 | |
Totale bevolking: | ca. 10 miljoen (2013) |
Belangrike bevolkings in: | Nigerië 6 980 000 (2013)[1] Tsjad 1 100 000 (2013)[2] |
Taal: | Kanuri |
Geloofsoortuiging: | Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Nilo-Sahariese volke soos Dinka, Luo, Masai en Nuer |
Wêreldwyd leef sowat 10 miljoen Kanuri, waarvan amper 7 miljoen in Nigerië (1,7% van die bevolking), 1,1 miljoen in Tsjad, 850 000 in Niger en 56 000 in Kameroen. Kanuri bly veral in Noord-Kameroen, Suidoos-Niger, Noordoos-Nigerië en Suidwes-Tsjad, dus rondom die Tsjadmeer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.