Die Kanaal van Bristol (Engels: Bristol Channel; Wallies: Môr Hafren, letterlik "Severnsee") is 'n groot baai van die noordelike Atlantiese Oseaan wat in die weste van Groot-Brittanje ver in die eiland instrek en die graafskappe Devon en Somerset in Suidwes-Engeland van Suid-Wallis skei. Sy wydste punt is 50 km breed. Skepe, wat die naamgewende Engelse seehawe Bristol of die Walliese hawens Swansea en Cardiff aandoen, gebruik almal die Kanaal van Bristol.
Kanaal van Bristol | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Kanaal van Bristol | |
Kaart van die Kanaal van Bristol | |
Koördinate: | 51°18′N 3°37′W |
Ligging: | Engeland en Wallis, Verenigde Koninkryk |
Soort: | Baai van die Atlantiese Oseaan |
Lengte: | 135 km |
Breedte: | 50 km |
Invloei: | Severn |
Uitvloei: | Keltiese See (Atlantiese Oseaan) |
Eiland/e: | Flat Holm, Steep Holm, Lundy |
Nedersettings: | Cardiff, Newport, Porthcawl, Swansea, Wallis Bristol, Engeland |
Sy noordelike oewer grens aan die Suid-Walliese steenkoolvelde en is hoogs geïndustrialiseerd, terwyl die suidelike oewer in Somerset en Devon 'n oorwegend landelike karakter het. Die Severn-riviermonding is teen die kanaal se oostelike einde geleë. Die eiland Lundy, wat in die middel van die kanaal sowat 19 km wes van Ilfracombe geleë is, word tans deur die National Trust besit.
Groot dele van die kuslyn aan weerskante van die kanaal is as vanweë hul natuurskoon as Heritage Coast aangewys, insluitende Exmoor, Bideford Bay, die Hartland Point-skiereiland, die eiland Lundy, Glamorgan, die Gower-skiereiland, Suid-Pembrokeshire en die eiland Caldey.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kanaal van Bristol.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.