![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7c/Namaqualand%252C_Goegap_1035.jpg/640px-Namaqualand%252C_Goegap_1035.jpg&w=640&q=50)
Kamiesberg
reeks losstaande koppies in die weste van die Noord-Kaap in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kamiesberg[1] is 'n reeks losstaande koppies in die weste van die Noord-Kaap in Suid-Afrika.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7c/Namaqualand%2C_Goegap_1035.jpg/640px-Namaqualand%2C_Goegap_1035.jpg)
Die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit dra die naam van die Kamiesberge. Dit is 'n gebied van groot natuurskoon wat plantlewe en veldblomme betref, en sekere Suider-Afrikaanse proteaspesies word ruimskoots hier aangetref. Die Kamiesbergsuikerbos en die Kamiesberg vexator is inheems aan Kamiesberg.
Die bergreeks loop parallel met die N7-hoofpad aan sy westekant. Leliefontein is 'n klein sendingstasie-dorpie wat in die Kamiesberge geleë is, met Garies die naaste dorp verder suid. Die Namakwa Nasionale Park lê noordwes van die berge.